Amen

Jeremia 1:5  “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak.”

Hierdie week is amper tot ‘n einde, die grootste deel daarvan is reeds verby.  Partykeer voel dit of niemand van jou bestaan weet nie.  Dit kan nogal dol gaan met telefone wat nooit ophou met lui nie; kliënte wat moeilik is en ‘n baas wat die onmoontlike verwag.  Onthou vandag dat God jóú ken, Hy is jou Skepper en Heiland.

2 September in die geskiedenis:

  • 1778 is Louis Bonaparte (broer van Napoleon) gebore. Hy was koning van Holland in 1806.
  • 1964 is Keanu Reeves gebore, en 1966 is Salma Hayek se geboortedag.
  • 1969 verskyn die eerste OTM in New York.
  • 1973 sterf J.R.R. Tolkien (skrywer The Lord Of The Rings), hy was gebore in Bloemfontein.
  • 2001 sterf Dr Christiaan Barnard, hy het die eerste hart oorgeplant in 1967.

Amen

Psalm 30:11-12  “U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;”

Dit is lente, en die winter is nou hopelik op ‘n einde.  Sjoe, ek het dit oorleef!  Die reuk van vars boeretroos hang in die lug; buite hoor ek die gekoer van tortelduifies wat sing van ‘n nuwe dag.  My voete is behoorlik aan die jeuk, ek wil dans van vreugde!  Dit is seker tyd om te begin “spring clean”, of hoe?

1 September in die geskiedenis:

  • 1715 sterf Koning Louis XIV van Frankryk.
  • 1822 Brazilië verkry vryheid van Portugal.
  • 1875 word Edgar R. Burroughs gebore, hy was die skrywer van Tarzan.
  • 1939 begin die 2de Wêreldoorlog: Duitsland val Poland binne.
  • 1985 was die Titanic se wrak ontdek.

Frank Botha UPDATE

Blog is herstel en jy kan gerus wéér begin aanmerkings lewer.

Gesels daagliks met Piet van DJ Ossewa. Gaan beter onder omstandighede.

Volg my op Twitter aan die linkerkant.

Frank Botha

Amen

Spreuke 30:5  “Elke belofte van God is betroubaar;

Hy beskerm dié wat by Hom skuil.”

Daar is ‘n liedjie wat ek as kind in die kerk gesing het, die woorde klink so iets: “Elke belofte in U boek is myn, elke hoofstuk, elke vers, elke lyn.  Elke seën in U liefde rein, elke belofte in U boek is myn.”

Begin vandag met ‘n huppel in jou stap, en ‘n lied in jou hart.  God is goed, en Hy het reeds die prys vir jou verlossing betaal.

31 Augustus in die geskiedenis:

  • 1422 word Henry VI die koning van Engeland op 9 maande ouderdom.
  • 1880 word Koningin Wilhelmina van Nederland in Den Haag gebore.
  • 1888 May Ann Nichols word Jack The Ripper se eerste slagoffer.
  • 1972 is Chris Tucker gebore.
  • 1997 sterf Prinses Diana gruwelik.

Amen verskyn weer môre-oggend, dieselfde plek, dieselfde tyd.