Frank Botha
Vreesloos. Trots. Afrikaans.
Vreesloos. Trots. Afrikaans.
Sep 2nd
Stephen Hawking ontken dat God die heelal geskep het.
Same old, same old. Sinnelose debat. God wen.
Sep 2nd
Sep 2nd
Jeremia 1:5 “Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak.”
Hierdie week is amper tot ‘n einde, die grootste deel daarvan is reeds verby. Partykeer voel dit of niemand van jou bestaan weet nie. Dit kan nogal dol gaan met telefone wat nooit ophou met lui nie; kliënte wat moeilik is en ‘n baas wat die onmoontlike verwag. Onthou vandag dat God jóú ken, Hy is jou Skepper en Heiland.
2 September in die geskiedenis:
Sep 1st
Sep 1st
Psalm 30:11-12 “U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;”
Dit is lente, en die winter is nou hopelik op ‘n einde. Sjoe, ek het dit oorleef! Die reuk van vars boeretroos hang in die lug; buite hoor ek die gekoer van tortelduifies wat sing van ‘n nuwe dag. My voete is behoorlik aan die jeuk, ek wil dans van vreugde! Dit is seker tyd om te begin “spring clean”, of hoe?
1 September in die geskiedenis:
AANMERKINGS