Frank Botha

Vreesloos. Trots. Afrikaans.

Follow me on TwitterRSS Feeds

  • Home

Dankie

Aug 5th

Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 135 views

13 comments

Deur Frank Botha

Dankie vir die interessante aanmerkings die afgelope 24 uur. Ek love diversiteit.

Geniet jy my inskrywings, òf nie? Enige klagtes/komplimente?

9 Augustus, N1

Venus vs Mars

Aug 5th

Posted by Nella in DAGBOEK | 79 views

19 comments

Nella stuur hierdie artikel:

Ons almal weet van die duidelike verskille tussen ‘n man en ‘n vrou, dit is immers sigbaar. Die biologiese verskille kan gemeet of aanskou word. In sommige mense se geval is dit nie duidelik wat hulle is nie, maar daardie is ‘n gesprek vir ‘n ander dag. Vrouens en mans verskil ook hemelsbreed as dit kom by ons reaksies, en maniere om dinge te doen. Ons redeneer net eenvoudig glad nie dieselfde nie.

‘n Man het hoofsaaklik ses items in sy badkamer; ‘n tandeborsel, tandepaste, skeerroom, skeermes, ‘n koekie seep en ‘n handdoek van die Holiday Inn. Die gemiddelde aantal items in die tipiese vrou se badkamer is 437. Meeste van hierdie items sal ‘n man nie kan identifiseer nie. Klink of jy in die badkamer sal kan verdwaal. Dit kan nogal pret wees as jy ‘n man se badkamer kan oorvat.

‘n Feit is dat ‘n man se brein gewoonlik 11 tot 12% groter is as ‘n vrou sin. Nee, dit beteken nie dat mans slimmer is nie. Dit het eerder te make met die feit dat ‘n man se liggaam groter is as ‘n vrou sin en dus moet daar meer neurons in die brein wees om die funksies van groter spiere te behartig.

Iets waarmee ek beslis saamstem is dat vrouens gouer volwassenheid bereik as mans. Dit is ‘n feit soos ‘n koei. ‘n Sewentienjarige meisiekind kan al as volwassene funksioneer, waar ‘n sewentienjarige outjie nog sy tjommies ‘n “wedgie” sal gee. Dit is die rede waarom skoolromanse selde hou of werk.

Mans is oppervlakkig, hulle bekyk hulle refleksie in ‘n spieël vir heeltemal te lank. Vrouens kyk na hulle refleksie enige moontlike plek, in spieëls, winkelvensters, iemand anders se sonbril, toasters, en absoluut enige iets anders wat blink.

Nella deel gratis PK's uit

Ongelukkig kan dit groot frustrasie veroorsaak as ons as verskillende mense, van verskillende geslagte, verwag dat ander persone presies soos ons moet redeneer. Die waarheid is dat ons net eenvoudig verskillend aanmekaar gesit is, ons verskil. Elke mens het die reg om dinge te doen op sy eie manier. Kom ons lewe in harmonie saam, perfekte simbiose. Leer geduld en verdraagsaamheid vir jou medemens. Aanvaar die mense om jou se reg om te verskil. Buitendien is dit mos nie so moeilik nie, of hoe?

Badkamer, Biologie, Frustreer, Redeneer, Skeermes

Gigs

Aug 5th

Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 22 views

1 comment

Die langnaweek begin môre en heelwat rockers toer Noord na Oppikoppi. Ek was nog nóóít daar nie. Geniet ‘Koppi. Reis veilig. oppikoppi.co.za

DJ Ossewa is by die Ferreirasaal in Bothaville op 6 Augustus en by die Kuierfees in Leipoldtville op 7 Augustus. djossewa.co.za

Bok van Blerk rock Firkin Centurion vanaand. bokvanblerk.co.za

Bobby van Jaarsveld is vanaand by Hoërskool Pietersburg, môreaand by die AGS Simfoniekerk in Roodepoort en op 7 Augustus by die Kuierfees in Leipoldtville. bobbyvanjaarsveld.co.za

Wat doen jy hierdie langnaweek? Watter ander kunstenaars se gigs wil jy hier sien?

Bobby van Jaarsveld, Bothaville, Gigs, Karlien van Jaarsveld, Northam

Armand Hofmeyr

Aug 5th

Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 55 views

5 comments

Yvonne Byers skryf:

Aartjie na sy vaartjie?

Musiekliefhebbers wonder al lank of Steve Hofmeyr se seun, Armand, by sy ikoniese pa sal kan kers vashou.

Die appel val toe sowaar nie ver van die boom nie! Sy langverwagte debuutalbum is pas uitgereik en hy het báie talent.

Hy het dieselfde rou klank in sy stem, maar dis nie so diep soos sy pa s’n nie. Plek-plek, soos in die liedjie Vergewe My, skemer sy jeugdigheid effens te veel deur, maar met die wonderlike Hart in Twee Wil Deel en die opruiende As Jy Wil bewys hy hy is ’n talentvolle sanger uit eie reg.

En ja, hy het al die liedjies self geskryf.

Resensie: Armand Hofmeyr, Foto’s en Briewe

Niks fout met Armand se debuutalbum nie maar dit sal gaaf wees indien hy in sy eie reg as sanger/liedjieskrywer kan groei. Ek was àl by een van sy konserte. Wat dink jy van Armand?

Frank Botha

Armand Hofmeyr, Debuutalbum, Fotos En Briewe, Ikoon, Langverwag

Bosinsek

Aug 5th

Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 57 views

9 comments

Deur Frank Botha

Die vet weet

Hierdie disturbing tydskrifvoorblad kom vanoggend hieraan. Nella, die vet weet, ek het asprés verby KFC gery ná ek daai vrou se pikante lyfie aanskou het. Eisj.

Watter verslankingsproduk werk en watter werk nie? Hoeveel kilogram verloor ‘n mens tydens seks? Het jý àl moer baie gewig verloor en dit blitsvinnig wéér opgetel? Watter gewigsverlies tips kan jy met òns deel? Is daar ‘n kuur vir vet?

Veronderstel jy gaan op ‘n blind date en die girl se gat is groter as Kimberley s’n/die man se pens sleep op die grond, sal jy (1) omdraai en vinniger as Caster in die teenoorgestelde rigting hol, of (2) sal jy op die date gaan om vas te stel of dié persoon ‘n kick-ass persoonlikheid het?

Onthou, looks fade. En om met ‘n persoon met ‘n kak persoonlikheid opgeskeep te sit is, wel, kak. Hoe voel jy oor mans/vroue wat ‘n bietjie méér ass het? Òf verkies jy die Bosinsek-look? Ja, ek het ‘n bierpens. Maar ek wil teen Somer 2010 10kg verloor.

Blaarslaai, Gewig

Rassisme by UV

Aug 5th

Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 18 views

Estelle Barnard van Kimberley skryf:

Nadat ek na die “nuwe skokvideo” van die UV gekyk het, lyk dit vir my maar net na lekker studentepret. Wanneer gaan ons, wit en swart, ophou om in alles wat gebeur as rassisties te beskou? Almal op die video is in ’n lekker ontspanne gemoed en dit lyk of almal dit geniet.

Met die Reitz-video kort in ons geheue, sal almal nou weer sê, ja nou’s dit swart op wit. Ai asseblief tog mense. Dis studente en ek glo met my hele hart dat daar geensins iets snaaks of rassisties met die maak van hierdie video of die Reitz-video bedoel was nie.

Met die Reitz-video het geldgierigheid die oorhand gekry. Iemand het die werkers beslis opgestook om verder te gaan met die saak!

Gaan Suid-Afrika nou weer dieselfde gemors moet deurgaan, omdat mense maar net nie oor rassisme en die eie “ek” kan kom nie. Niemand word verneder nie. Ongelukkig sal die universiteit/prof. Jansen nou konsekwent moet optree teenoor die oortreders. Ontgroening is verbied en dit blyk dat die nuwe video ná prof. Jansen se verbod gemaak is.

Dis baie jammer dat alles in ons samelewing op rasisme gebaseer word. Só sal ons nooit kan versoen nie. Miskien eendag wanneer al die Malemas en oues nie meer daar is nie, sal ons jongmense die brûe bou. Dit lyk net na lekker studentpret

Goeie brief, Estelle. Ek respekteer jou mening rakende die “nuwe skokvideo”. Hier’s myne:

  • Watter sielkundige uitwerking het ontgroening op ‘n eerstejaarstudent?
  • Oorweeg die Universiteit van die Vrystaat (UV) disiplinêre stappe téén Villa Bravado?
  • Oorweeg die UV stappe téén betrokke studente?
  • Word wit-op-swart rassisme en swart-op-wit rassisme op die kampus gelyk veroordeel?

Sê maar.
Frank Botha

Estelle Barnard, Jansen, Ontgroen, Skokvideo, UV

Persvryheid

Aug 5th

Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 81 views

22 comments

Deur Frank Botha

Persvryheid in Suid-Afrika: ANCYL steun mediatribunaal omdat ANC aangeval word

Jeremy Cronin

Nuus24 berig dat Jeremy Cronin, SAKP-hoofsekretaris en adjunk-minister van vervoer, die voorgestelde mediatribunaal steun. Die ANCYL is òòk ten gunste daarvan en eis dat díé tribunaal nóú al ingestel word omdat die ANC aangeval word.

Die jeugliga meen die mediatribunaal moet koerante soos City Press, Die Burger, Rapport en Beeld uit die Media24-stal, asook die Mail & Guardian, Sunday Times en “al” die Independent-groep se koerante ondersoek vir karaktermoord, verdeeldheid wat hulle in die regerende alliansie saai, vals berigte en omdat hulle die regering ondermyn. (Nuus24)

Onafhanklike mediatribunaal met tande nodig

Steun jy dié onafhanklike mediatribunaal? Òf steun jy ‘n vrye media?

City Press, Jeremy Cronin, Lindiwe Mazibuko, SAKP, Umsebenzi Online
« First...«89101112»20...Last »
  • ADMIN

    • Log in
    • Entries RSS
    • Comments RSS
    • WordPress.org
  • TWITTER

    Loading tweets...
    Follow me on Twitter!
  • AANMERKINGS

    • Sharpshoot on DJ OSSEWA
    • Gatvol on DJ OSSEWA
    • Suz on VERSUS
    • demoerin on RIP Dwayne
    • demoerin on Gym
    • demoerin on Nella: WTF?!
    • Dellie on Nella: WTF?!
    • Suz on Nella: WTF?!
    • Nella on Amen
    • BabyDragon 1010 on Amen
    • Recent comments
    • Popular posts
    • Archives
    • Tags
    • Categories
    • BEMARKING (2)
    • DAGBOEK (160)
    • GESKIEDENIS (1)
    • NUUS (1)
    • ONDERHOUD (1)
    • VERSUS (1)
    • WTF (1)
    Bandwydte Besigheid Blogosfeer Borsmelk Checkers Cornflakes Dan Roodt Duisend En Een Eiendomreg Faaldrumpel FM Stereo Handelsmerk Hemel Hemelse Vader Hunk Interaksie Jon Lajoie Justice Malala Kakhuis Kellog's Mamma Mia! Max Du Preez Media Meermin Meningspeiling Mondig Mozzletof Opdonner Peutrus Piesang Pornografie Prokureur Rian Van Heerden Samantha Fox Steve Hofmeyr The Climb Tjoklit Tri-Nations Verjaardag Vermag Vernon Koekemoer Victor Matfield Vodka en OJ Vrou Wayne Brady
    • September 2010 (17)
    • August 2010 (61)
    • July 2010 (24)
    • June 2010 (65)
    • Huis. Paleis. (106)
    • Jeukende vingers (57)
    • Bitter swak (50)
    • Viva Vavi (28)
    • Rottweiler (23)
    • Sharpshoot: Is jy genomineer vir SA Blog Awards Frank?
    • Gatvol: Ek ken nie die groep nie, maar die afsterwe van 'n jong persoon is altyd tragies. Sterkte aan almal...
    • Suz: Hello Julle Ek kyk binnelanders, Villa Rosa, Getroud met Rugby, Proesstraat en natuurlik al die...
    • demoerin: Bok en Carike... kan nogal interessant wees.
    • demoerin: Ek dink weer anders daaraan... mens doen oefening juis om KFC te kan eet :lol: Sterkte met die...
  • INSKRYWINGS

    • DJ OSSEWA
    • 6 SEPTEMBER
    • PMS?
    • VERSUS
    • WAT’S NUUS?
    • MYMODE
    • BEMARKING
    • RIP Dwayne
    • Hawking
    • Nella: WTF?!
  • MEESTE GELEES

    • Whoop-Whoop 2 - 846 views
    • Huis. Paleis. - 681 views
    • Bitter swak - 434 views
    • Kom saam vanaand - 391 views
    • Dis koeël - 389 views
    • Jeukende vingers - 309 views
    • Indien Blanche Rheeder se swanger tieties-kiekie jou offend, is jy blerrie oud. - 282 views
    • Jagter opsoek na prooi. - 229 views
    • DJ OSSEWA - 228 views
    • Tracy Lee ontken poep op Idols. heat. Panjo in Vosloorus gevind. Blerrie taxi. - 227 views
  • WAT SÊ JY?

    Hou jy van my nuwe template?

    View Results

    Loading ... Loading ...
Mystique theme by digitalnature | Powered by WordPress
RSS Feeds XHTML 1.1 Top