Frank Botha UPDATE

Blog is herstel en jy kan gerus wéér begin aanmerkings lewer.

Gesels daagliks met Piet van DJ Ossewa. Gaan beter onder omstandighede.

Volg my op Twitter aan die linkerkant.

Frank Botha

Amen

Spreuke 30:5  “Elke belofte van God is betroubaar;

Hy beskerm dié wat by Hom skuil.”

Daar is ‘n liedjie wat ek as kind in die kerk gesing het, die woorde klink so iets: “Elke belofte in U boek is myn, elke hoofstuk, elke vers, elke lyn.  Elke seën in U liefde rein, elke belofte in U boek is myn.”

Begin vandag met ‘n huppel in jou stap, en ‘n lied in jou hart.  God is goed, en Hy het reeds die prys vir jou verlossing betaal.

31 Augustus in die geskiedenis:

  • 1422 word Henry VI die koning van Engeland op 9 maande ouderdom.
  • 1880 word Koningin Wilhelmina van Nederland in Den Haag gebore.
  • 1888 May Ann Nichols word Jack The Ripper se eerste slagoffer.
  • 1972 is Chris Tucker gebore.
  • 1997 sterf Prinses Diana gruwelik.

Amen verskyn weer môre-oggend, dieselfde plek, dieselfde tyd.

Amen

Filipense 4:4 “Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!”

Die wekker het nie afgegaan nie en jy het verslaap.  Jy is sowaar wéér laat vir werk.  Dit is alweer Maandag, ‘n nuwe week, ‘n nuwe begin.  Gryp elke geleentheid aan met albei hande, en maak die beste van elke saak.  Maandae is gewoonlik blou, kom ons verf dit rooskleurigpienk!  Onthou om dankbaar te wees vir jou seëninge, en verbly julle in God se skepping!

30 Augustus in die geskiedenis:

  • 30 BC Cleopatra pleeg selfmoord na ‘n militêre nederlaag.
  • 1483 Koning Louis XI van Frankryk sterwe.
  • 1835 Melbourne, Australië word gestig.
  • 1945 Hong Kong verkry vryheid – Vryheidsdag word sedertdien gevier.
  • 1972 is Cameron Diaz gebore.

Ek is môre-oggend terug met Amen.  Nóg inskrywings vir vandag gaan volg.