Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 103 views
Dagsê. Welkom by my interaktiewe outobiografie. Volgens Google Analytics, is frankbotha.com een van Suid-Afrika se gewildste Afrikaanse blogs. Dankie. Ek publiseer ons blog se jongste Google Analytics-syfers (in Engels): 596 visits; 165 absolute unique visitors; 1 791 page views; 04:40 time on site; 14.77% new visits. Ek skuld jou ‘n heerlike lang inskrywing ná my impromptu blogsabbat. Ek het baie om te sê. Eerstens, moét ek bevestig dat Gielie Geelmielie en Sharpshoot se pryse (50 Stemme: Die Grootste Name In Afrikaanse Musiek) Donderdag, 1 Julie 2010 aan húlle gepos is. Het jul pryse àl arriveer, kêrels?
Sondagaand The Twilight Saga: Eclipse gaan kyk. Ek was moerse verveeld, tien-teen-een omdat ek soveel méér verwag het. O, en Eclipse is te lank. 40 minute te lank. Indien Bella Edward en Jacob vir ‘n threesome nooi, sóú ons nie só gatvol vir Eclipse gewees het nie. Maar ten spyte my beskeie mening, kón Eclipse steeds Vrydag $28.6 million by die Amerkikaanse loket verdien – lees hier. Het jy die nuwe Twilight fliek àl gesien? Of is jy nie ‘n fên nie?
Òf Nederland, òf Duitsland sal in die FIFA Wêreldbeker-finaal wees. Finish en klaar.
Jacob Zuma meen die FIFA Wêreldbeker was ‘n winsgewende belegging. Maar ontleders stry en reken dat buitelanders slegs R13 biljoen tót die land se ekonomie bygedra het… JZ, ek wil nie hoes, poep of skinder nie, maar Suid-Afrika is R27 biljoen in die rooi. Dis ‘n VERLIES.
*Die Suid-Afrikaanse regering het sowat R40 biljoen op die FIFA Wêreldbeker spandeer.
Ná Leon Schuster se kakkerige nuwe fliek, was ek opsoek na ‘n goeie-gehalte Afrikaanse film. Selfs Egoli: Afrikaners Is Plesierig kon nie die mas opkom nie, máár dit is immers ‘n pruttende pot kak. Karate Kallie is ewe swak, maar gelukkig sien ek Jakhalsdans op die rak. Oukei, Christina Storm se acting is nie eintlik iets om oor huis toe te skryf nie, maar Theuns en Elizma maak dubbel en dwars op daarvoor. Dawid Le Fleur (Neil Sandilands) se humorsin en eksentriese geaardheid skop ‘n paar soortgelyke karakters se gat. Kry Jakhalsdans op DVD.
Eisj, ek’s stelselmatig besig om siek te word. My keel brand en ek hoes soos iemand met emfiseem. Dit is nodig om te noem dat ek vreeslik kla wanneer ek siek is. Ek en my meisie speel darem dokter-dokter, dus bid ek dat griep sy kloue nóg ‘n bietjie langer om my hou. Die elektriese kombers onder my gat help darem vir wanneer sy haar nurse outfit bêre. Ek plaas ‘n foto onder.
Hier is my meisie in háár Nurse-uniform. Sy dokter my saans daarin. Al is haar stetoskoop blerrie koud, is ‘n tekort aan onderklere en warm boudjies genoeg om ‘n man permanent in die bed te hou. Lekker.
Gister se gru-botsing duskant Beaufort-Wes waarin Jacques Barnard, sy vrou, hul kinders en huiswerker op slag dood is ruk my geweldig – hul dogtertjie, Milla was maar 2-jaar-oud en hul seuntjie, Juan, net 6. Jacques was Chris Barnard se broerskind.
Ek gesels binnekort weer. Snotneus en al. Eisj. Ek gaan NOOIT WEER op Facebook wees nie, só jy kan maar ophou wonder.
Frank Botha
AANMERKINGS