Amen

Prediker 12:1  “En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie –”

Dit is Vrydag!  Ek is baie bly dat die naweek amper op hande is.  Wanneer is ‘n goeie tyd om te besluit jy wil jou paadjie reguit loop?  Prediker sê “in jou jongdae”.  Ek sal glad nie my pad sonder Jesus wou loop nie.  Ken Hom vandag in alles wat jy aanpak.  Hy is die Begin, en die Einde.

3 September in die geskiedenis:

  • 1783 eindig die Amerikaanse Revolusie.
  • 1939 verklaar Britanje oorlog teenoor Duitsland.
  • 1943 het Italië oorgegee in die 2de Wêreldoorlog.
  • 1962 is die sterftedag van E.E. Cummings – die bekende digter.
  • 1965 word Charlie Sheen gebore.

Ek is Maandag terug met Amen, daar volg nog inskrywings vandag.