Vreesloos. Trots. Afrikaans.
Posts tagged Peutrus
‘n Tweedehandse grafsteen en waarom prokureurs nie die hemel kan haal nie
Jun 6th
In die mark vir ‘n tweedehandse grafsteen? Ek ontdek dié juweel in ‘n Yanky snuffelgids. Grap: ‘n Prokureur van Los Angeles sterf en beland in die hemel. “Hi” sê Peutrus. “Geen prokureurs mag deur hierdie poorte stap…” “Wat?!” vra die man verbaas. “Ja, jy het reg gehoor. Geen prokureurs” sê Peutrus. “Hei, ek was ‘n goeie man” verduidelik hy. “Rêrig? Wat het jy gedoen?” “Wél” sê hy, “3 weke voor my dood het ek $10 aan honger kids in Afrika geskenk.” “O” sê Peutrus. “Nóg iets?” “Twee weke voor my dood het ek ook $10 aan ‘n liefdadigheidsorganisasie geskenk” sê hy. “Hmmm… Wat nóg?” “‘n Week voor my dood het ek $10 aan ‘n plaaslike hospitaal geskenk” vertel die man. “Raait, wag hier terwyl ek met die baas gaan praat” sê Peutrus. Vyf minute later is hy terug. “Ek het met God gepraat en Hy stem saam met my. Hier is jou $30 terug. Kry jóú ry.” [Dankie Vernon]
Frank Botha
AANMERKINGS