Vreesloos. Trots. Afrikaans.
Posts tagged Cornflakes
Pappie is terug…
Jun 1st
Môre.
Alanis Morissette vier vandag haar 36ste verjaardag. Heidi Klum word 37.
Waar ookal jy is, geniet jou Dinsdag. Het my muse gevind. Pappie is terug…
Hierdie girl smokkel met my pre-cornflake brein. Ek het ‘n koerant nog nooit soveel gehaat nie. Daar is iets mysterious aan ‘n vrou wat bril dra. Sy’s blerrie oulik.
Raait, ek beter gaan stort en klaarmaak. My dag is moer hectic. Ek like dit.
Nog inskrywings volg. Is jy reg?
Ek sluit af met ‘n gedig:
Ek’s entoesiasties oor die status quo
Fokus jou energie op die hier-en-nou
Ons almal is hier op geleende tyd
Bou jou nalatenskap, vergeet werwyt
Systap moelikheid en ander dilemmas
Igroneer die ANCYL en Julius Malema
Ek’s entoesiasties oor die status quo
Fokus jou energie eerder op nasiebou
Chat later.
Frank Botha
AANMERKINGS