Frank Botha

Vreesloos. Trots. Afrikaans.

Follow me on TwitterRSS Feeds

  • Home

Die tyd stap aan

Aug 25th

Posted by Gielie Geelmielie in DAGBOEK | 58 views

6 comments

Die staanhorlosie se klokke lui helder om die ure aan te kondig. Tienuur is teetyd. Hande met knopperige vingers vat die koppie tee vas. Tuisgebakte beskuit drink die tee en word sag. Die koffietafeltjie is vol merke geëts. Die eerste kind wat die lappies van die tafeltjie afgetrek het toe hy begin loop het, duisende kere se skinkbord neersit op die tafeltjie…

Die radio vul die huis met klank. Buitekant koer die duiwe. Die telefoon is stom. Die voordeur se skarniere al stram. Die foto’s teen die muur vertel die verhaal van geboorte tot die dag van army toe gaan tot die dag van die eerste kleinkind. Foto’s van ‘n stralende bruid en ‘n man in ‘n deftige pak.

Die tyd stap aan. Die staanhorlosie se helder klokke kondig middagete aan. Twaalf slae. Lank terug, in ‘n vervloë tyd, amper al heeltemal vergete in die newels wat oor die verlede getrek het, het die klokke die uur aangedui om ‘n klein mensie aan die bors te laat suig.

Die tyd stap aan. Die honde raas en blaf. Die posman het verby gegaan. Die stram voordeur word oopgemaak. Die posbus is leeg. Met die sementpaadjie langs het die kinders altyd na skool huistoe gehardloop.

Dit word donker. Die televisie se beeld en klank vul die voorkamer. Die telefoon swyg en die voordeur se ketting kan maar ingehaak word. Na aandete word ‘n blokkiesraaisel noukeurig korrek met ‘n potlood ingevul. Die Bybel bied troos en dan word die ligte afgeskakel.

Skielik staan die tyd stil. Die werk kan wag, die vakansie kan wag, alles kan wag. Hoekom lyk Ma, Ouma en Oumagrootjie dan so oud? Ons het haar dan net nou die dag… wanneer was dit… gesien?

Telefone lui. Daar is tyd. Die mense moet laat weet word, Ma, Ouma en Oumagrootjie is dood. Daar is tyd om die begrafnis te reel. Daar is tyd om ‘n kis te kies. Daar is tyd om blomme te kies. Daar is tyd om te huil. Daar is tyd om na Ma, Ouma en Oumagrootjie te kyk waar sy in die kis lê. Daar is tot tyd om haar stadig in ‘n graf te laat afsak. Daar is tot tyd vir koffie na die tyd.

“As ons maar net..”

As is verbrande hout. Dalk moes julle Ma, Ouma en Oumagrootjie veras het, dan het julle as gehad…

Beskuit, Skinkbord, Stophorlosie

Pretoria Stadsaal

Aug 25th

Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 21 views

Die Pretoria Stadsaal is gebou om die Pretoria se status as stad te vier. Weens ekonomiese redes word die stadsaal èèrs in 1931 gebou en in 1935 ingehuldig. George Heys, voormalige eienaar van Melrose Huis duskant Burger’s Park, skenk al 32 die stadsaal se klokke. Ek love daai gebou.

George Heys, Melrose Huis, Pretoria Stadsaal

Malema Dilemma

Aug 25th

Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 38 views

4 comments

Julius Malema is “die minste van Suid-Afrika se probleme” meen politieke ontleder, Justice Malala. “Ek dink hy is op pad uit. Hy behoort oor drie jaar op dieselfde plek te wees as waar Peter Mokaba geëindig het” sê hy. Malala sê òòk uitsprake rakende nasionalisering is onnodig omdat dit nie in die volgende 20 jaar sal gebeur nie. Só, waaroor dink hy behoort ons oor te stres? “Ons moet eiendomreg dophou want ek dink dit word bedreig. Ek is ook bekommerd oor die onafhanklikheid van ons regstelsel. As jy nie ons regters kan vertrou nie, wie kan jy vertrou?” verduidelik Malala. Stakings is ook iets waarop ons moet fokus, en… Zim. “Zimbabwe is in die situasie waar hy is omdat een president al vir die afgelope 30 jaar aan bewind is. Ons president bly nie deurgaans dieselfde nie, derhalwe lyk ons pad anders.” Dankie, Justice, nóú kan Suid-Afrikaners rustig slaap. Hoe die hel moét ek NIE oor Malema worry nie? Solank die media sy doen en late bespreek, weet ek ten minste waarmee hy homself besig hou. Waaroor worry JY as Suid-Afrikaner tans? Ek stres oor Springbokrugby. Eisj.

Wen kaartjies na 60’s Summer of Love by The Barnyard Theatres Menlyn. Die verhoogstuk begin in 1967, die jaar waarin The Beatles Sgt. Peppers Lonely Hearts Club Band uitreik en eindig tydens die Woodstock Music Festival in die somer van 1969. Jy kan musiek van The Beatles, The Mammas and The Pappas, Jimi Hendrix, Creedence Clearwater Revival, Janis Joplin en vele meer verwag. Twee gelukkige bloggers kan kaartjies wen om 60’s Summer of Love by The Barnyard Menlyn op 3 September 2010 te gaan kyk! Is jy in?

Om te wen, moét jy tussen vanmiddag 16:00 tót 1 September 2010 op àl my inskrywings kommentaar lewer. En ek bedoel ordentlike aanmerkings – kak kommentaar diskwalifiseer jóú outomaties. Hou asseblief by die onderwerp waaroor die inskrywing gaan en jy alles is honderd bedonnerd. Maklik, nê? Elke aanmerking verbeter jou kanse om dié kaartjies te wen! Só maak mens:

* Een aanmerking = een punt

Jy het 100 punte nodig om te wen. 100 aanmerkings = 100 punte. Hoe graag wil jy 60’s Summer of Love by The Barnyard Theatres Menlyn gaan kyk die 3de September 2010? Dít gaan rock. Letterlik.

WENNERS MOÉT HÚL KAARTJIES PERSOONLIK BY THE BARNYARD THEATRES MENLYN OP 3 SEPTEMBER 2010 AFHAAL.

Derhalwe, Eiendomreg, Justice Malala

T Show se moer

Aug 25th

Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 107 views

22 comments

Fok Tshwane. PRETORIA BLY PRETORIA. Ek sê dit àl jare. Nóú word die Pretoria Skou die ‘T Show’ genoem. ‘T’ vir Tshwane. Ek boikot dit. AfriForum, nes ek, baklei vir die behoud van Pretoria se naam. Hier is húl tirade:

AfriForum het uit protes teen die verandering van die Pretoria Skou se naam na die “Tshwane” Skou, ʼn veldtog begin om Pretorianers te oortuig om die “Tshwane” Skou te boikot. As deel van die veldtog het AfriForum reeds begin om pamflette by 220 000 huishoudings in die Pretoria-omgewing te laat aflewer, om die publiek in te lig dat die skou sy rug op Pretoria se naam gekeer het. (Ek het dít verwag, natuurlik – Frank Botha)

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het sy organisasie herhaalde pogings aangewend om die skou-bestuur deur konstruktiewe gesprekvoering te oortuig om nie die skou se naam na die “Tshwane” Skou te verander nie. “Die feit dat hierdie versoeke op dowe ore geval het, het AfriForum genoop om daad by woord te voeg en stappe teen die skou te neem,” het Kriel gesê. (Pretoria se naam beteken NIKS vir húlle. Tipies.)

Kriel het daarop gewys dat die voormalige Pretoria Skou se sukses grootliks te danke is aan Pretorianers wat dit oor jare lojaal ondersteun het. Die skou byt volgens Kriel met hierdie naamsverandering die hand wat hom voed. “Pretorianers se geld sal die praatwerk moet doen vir die behoud van Pretoria se naam,” het Kriel gesê. (Ja, maar ‘n skou lok duisende mense.)

Volgens Kriel speel die skou-bestuur met die naamsverandering in die hande van die Tshwane Metroraad se volgehoue pogings om die publiek te mislei om te glo dat die hoofstad se naam nie Pretoria is nie. “Dít, terwyl die hoofstad se naam wetlik Pretoria is,” het Kriel bygevoeg.(Viva Pretoria, viva)

‘n Afskrif van AfriForum se pamflet, wat by 220 000 huishoudings afgelewer word, is op aanvraag beskikbaar. (Posbus-propaganda. I like!)

Ek sal, per beginsel, my voete NIE by die T Show sit nie. Die naam “Tshwane” beteken “koei” – lyk ek vir jou soos ‘n fokken koei? Ek sal nóóít na Pretoria as Tshwane verwys nie. Die Pretoria Skou was dekades lank deel van my fibre. Dit eindig nóú. Sal jy die ‘T Show bywoon? Pretoria òf Tshwane? Sê my.

Wen kaartjies na 60’s Summer of Love by The Barnyard Theatres Menlyn. Die verhoogstuk begin in 1967, die jaar waarin The Beatles Sgt. Peppers Lonely Hearts Club Band uitreik en eindig tydens die Woodstock Music Festival in die somer van 1969. Jy kan musiek van The Beatles, The Mammas and The Pappas, Jimi Hendrix, Creedence Clearwater Revival, Janis Joplin en vele meer verwag. Twee gelukkige bloggers kan kaartjies wen om 60’s Summer of Love by The Barnyard Menlyn op 3 September 2010 te gaan kyk! Is jy in?

Om te wen, moét jy tussen vanmiddag 16:00 tót 1 September 2010 op àl my inskrywings kommentaar lewer. En ek bedoel ordentlike aanmerkings – kak kommentaar diskwalifiseer jóú outomaties. Hou asseblief by die onderwerp waaroor die inskrywing gaan en jy alles is honderd bedonnerd. Maklik, nê? Elke aanmerking verbeter jou kanse om dié kaartjies te wen! Só maak mens:

  • Een aanmerking = een punt

Jy het 100 punte nodig om te wen. 100 aanmerkings = 100 punte. Hoe graag wil jy 60’s Summer of Love by The Barnyard Theatres Menlyn gaan kyk die 3de September 2010? Dít gaan rock. Letterlik.

WENNERS MOÉT HÚL KAARTJIES PERSOONLIK BY THE BARNYARD THEATRES MENLYN OP 3 SEPTEMBER 2010 AFHAAL.

Kallie Kriel, Pretoria Skou, Tshwane Metroraad

Is jý ‘n doos?

Aug 25th

Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 77 views

13 comments

Mary Bale erken dat sy die familie se kat in ‘n asblik gegooi het, maar wonder waaroor al die bohaai gaan “want dis net ‘n kat.” WTF? Enigiemand wat ‘n dier mishandel is ‘n doos. Indien jy dié inskrywing lees en JY mishandel diere, kyk in die spieël en sê hardop: “Ek’s ‘n doos.” Herhaal drie en twintig keer.

Death to Mary Bale, Mary Bale, RSPCA

Kurt en Dunay gáán trou

Aug 25th

Posted by Frank Botha in DAGBOEK | 83 views

12 comments

Kurt Darren en Dunay Nortjé trou in Januarie 2011. Húlle is egter steeds geheimsinnig oor die datum en venue, maar Dunay hou duimvas dis iewers in die bos. Méér as dit kan ek jou nie vertel nie want die paartjie het details is glo reeds aan ‘n “groot publikasie” (hoogsmoontlik Sarie òf Huisgenoot) belowe. Geluk, julle.

Dunay Nortjé, Kurt Darren, Select Music

Spieëltjie Spieëltjie

Aug 25th

Posted by Nella in DAGBOEK | 95 views

6 comments

Vroue het nog altyd baie moeite gedoen met hulle voorkoms.  Deur die eeue het skoonheid toorkuns tot pyn beteken.  Dit het al menige vroue se gesondheid gekos, alles net om meer aantreklik voor te kom.  Party skoonheidswenke kan as wild, vreemd en soms gevaarlik beskou word.  In die Bybel (Koningin Ester se tyd) word daar geskryf van die behandelings wat die vroue deurgemaak het om hulself voor te berei om die koning te ontmoet.  Hierdie behandelings het tot ‘n jaar geduur.  Die skoonheidsbehandelings het olie, mire en allerhande parfuum bevat.  Die antieke Grieke het beweer dat krokodil bollie help met veroudering – hulle het dit met warm modder gemeng.  In die antieke Iran het vroue hulle hare gekleur met ‘n middel wat uit henna, paddavissies en beesbloed bestaan het.

In die middeleeue was dit as aantreklik beskou om ‘n bleek vel te hê.  Vroue het fisies gebloei om hulle velle as witter te laat voorkom.  Bloedsuiers was agter die ore gesit om gesigte witter te maak, nadat hierdie outjies al die bloed uit jou gesig gesuip het.  Vroue het aan hulle haarlyne gepluk, sodat hulle voorkoppe groter lyk.  Ook in hierdie tydperk het die “Geisha” kultuur in Japan ontstaan, vroue het meel (van rys gemaak) en voëltjie poepoe aan hulle gesigte gesmeer ook vir ‘n witter voorkoms.  Hierdie mengsel was ook aan die lippe en binne die neusgate aangewend.  Dit kon verseker nie lekker geruik het nie.

Gremering was in die renaissance tydperk as ‘n tipe toorkuns gesien wat hulpelose mans verdoem het.  Die tipe gremering wat vroue van daardie tyd gebruik het, het tot lood bevat.  Uit die aard van die saak was dit die oorsaak van ‘n hele paar sterftes en verlamming.  In Engeland het vroue hulle gesigte met eierwitte geverf – dit het die gesig ‘n “glasseerde” voorkoms gegee. Pruike was ge-“grease” met varkvet, dit het luise en ander gediertes gelok. Die mans het hulle lang hare met warmtange gekrul en dit in plek gehou met kougom.

Vandag se tyd het ons steeds vreemde gebruike vir skoonheid.  Onder andere gebruik mense slakslym vir puisies.  Voëltjie tjorts word steeds in sommige duur “facials” gebruik.  Aspirine word tot gebruik om van skilfers ontslae te raak as dit as spoelmiddel gebruik word.  As jy nie daarvan hou om slakslym aan te wend vir puisies nie, kan tandepaste ‘n vervanging word.

Ester, Geisha, Japan, Middeleeue, Skoonheid
« First...«34567»1020...Last »
  • ADMIN

    • Log in
    • Entries RSS
    • Comments RSS
    • WordPress.org
  • TWITTER

    Loading tweets...
    Follow me on Twitter!
  • AANMERKINGS

    • Sharpshoot on DJ OSSEWA
    • Gatvol on DJ OSSEWA
    • Suz on VERSUS
    • demoerin on RIP Dwayne
    • demoerin on Gym
    • demoerin on Nella: WTF?!
    • Dellie on Nella: WTF?!
    • Suz on Nella: WTF?!
    • Nella on Amen
    • BabyDragon 1010 on Amen
    • Recent comments
    • Popular posts
    • Archives
    • Tags
    • Categories
    • BEMARKING (2)
    • DAGBOEK (160)
    • GESKIEDENIS (1)
    • NUUS (1)
    • ONDERHOUD (1)
    • VERSUS (1)
    • WTF (1)
    Bandwydte Besigheid Blogosfeer Borsmelk Checkers Cornflakes Dan Roodt Duisend En Een Eiendomreg Faaldrumpel FM Stereo Handelsmerk Hemel Hemelse Vader Hunk Interaksie Jon Lajoie Justice Malala Kakhuis Kellog's Mamma Mia! Max Du Preez Media Meermin Meningspeiling Mondig Mozzletof Opdonner Peutrus Piesang Pornografie Prokureur Rian Van Heerden Samantha Fox Steve Hofmeyr The Climb Tjoklit Tri-Nations Verjaardag Vermag Vernon Koekemoer Victor Matfield Vodka en OJ Vrou Wayne Brady
    • September 2010 (17)
    • August 2010 (61)
    • July 2010 (24)
    • June 2010 (65)
    • Huis. Paleis. (106)
    • Jeukende vingers (57)
    • Bitter swak (50)
    • Viva Vavi (28)
    • Rottweiler (23)
    • Sharpshoot: Is jy genomineer vir SA Blog Awards Frank?
    • Gatvol: Ek ken nie die groep nie, maar die afsterwe van 'n jong persoon is altyd tragies. Sterkte aan almal...
    • Suz: Hello Julle Ek kyk binnelanders, Villa Rosa, Getroud met Rugby, Proesstraat en natuurlik al die...
    • demoerin: Bok en Carike... kan nogal interessant wees.
    • demoerin: Ek dink weer anders daaraan... mens doen oefening juis om KFC te kan eet :lol: Sterkte met die...
  • INSKRYWINGS

    • DJ OSSEWA
    • 6 SEPTEMBER
    • PMS?
    • VERSUS
    • WAT’S NUUS?
    • MYMODE
    • BEMARKING
    • RIP Dwayne
    • Hawking
    • Nella: WTF?!
  • MEESTE GELEES

    • Whoop-Whoop 2 - 839 views
    • Huis. Paleis. - 680 views
    • Bitter swak - 430 views
    • Kom saam vanaand - 389 views
    • Dis koeël - 387 views
    • Jeukende vingers - 305 views
    • Indien Blanche Rheeder se swanger tieties-kiekie jou offend, is jy blerrie oud. - 272 views
    • Jagter opsoek na prooi. - 228 views
    • Tracy Lee ontken poep op Idols. heat. Panjo in Vosloorus gevind. Blerrie taxi. - 225 views
    • Rottweiler - 218 views
  • WAT SÊ JY?

    Hou jy van my nuwe template?

    View Results

    Loading ... Loading ...
Mystique theme by digitalnature | Powered by WordPress
RSS Feeds XHTML 1.1 Top