Frank Botha
Vreesloos. Trots. Afrikaans.
Vreesloos. Trots. Afrikaans.
Sep 1st
Psalm 30:11-12 “U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord;”
Dit is lente, en die winter is nou hopelik op ‘n einde. Sjoe, ek het dit oorleef! Die reuk van vars boeretroos hang in die lug; buite hoor ek die gekoer van tortelduifies wat sing van ‘n nuwe dag. My voete is behoorlik aan die jeuk, ek wil dans van vreugde! Dit is seker tyd om te begin “spring clean”, of hoe?
1 September in die geskiedenis:
Aug 31st
Blog is herstel en jy kan gerus wéér begin aanmerkings lewer.
Gesels daagliks met Piet van DJ Ossewa. Gaan beter onder omstandighede.
Volg my op Twitter aan die linkerkant.
Frank Botha
Aug 31st
Aug 31st
Spreuke 30:5 “Elke belofte van God is betroubaar;
Hy beskerm dié wat by Hom skuil.”
Daar is ‘n liedjie wat ek as kind in die kerk gesing het, die woorde klink so iets: “Elke belofte in U boek is myn, elke hoofstuk, elke vers, elke lyn. Elke seën in U liefde rein, elke belofte in U boek is myn.”
Begin vandag met ‘n huppel in jou stap, en ‘n lied in jou hart. God is goed, en Hy het reeds die prys vir jou verlossing betaal.
31 Augustus in die geskiedenis:
Amen verskyn weer môre-oggend, dieselfde plek, dieselfde tyd.
Aug 30th
Dagsê. Hoe was jou naweek?

Ek skop hierdie inskrywing af met hartseer nuus. Rapie Knaapie (regs bo) is in ‘n motorongeluk op die Rustenburgpad, duskant die Brits-afrdaai, dood. Ek het gisteraand met Piet Pompies (hoofsanger van DJ Ossewa) gepraat en kan wél bevestig dat hy uit die hospitaal ontslaan is. Hy sê egter Jerbes die Leeuboer en húl klankman is steeds in die hospitaal. Ek het DJ Ossewa méér as 4-jaar gelede by Forever Resorts Swadini ontmoet en sedertdien het òns goeie vrinne geword. Die groep adverteer òòk op my blog die afgelope paar jaar. Rapie sal onthou word as ‘n sagte siel wat die lewe nóóít te ernstig opgeneem het nie – hierdie Afrikanerkind het voluit gelewe en sy ontydige dood gistermiddag ruk my geweldig. Piet, ek bid vir jou en die res van júlle crew. Rapie (Dwayne), my vriend, slaap sag. Sterkte aan àl sy familie en vriende.
Saterdagmiddag saam Nella ‘n draai by die Voortrekkermonument gaan maak. Ons het dié historiese Afrikanersimbool plat gestap (ek het die oefening nodig), want Nella was nog nóóít daar nie en die ma van my kinders het ‘n reg om te weet waarvandaan sy kom. Trappe klim is nie my forté nie en, soos Murphy dít wou hê, ontdek ek dat daar ‘n hysbak tot bo is nadat ek tot daar geklim het. Maar dit was die moeite werd want Pretoria lyk beautiful van daarbo af. Ek kry ‘n knop in my keel wanneer ookal ek in daardie granietgebou rondstap omdat ek só klein voel. Die Heldesaal beïndruk my nog steeds, ná al die jare. Nadat Paul Kruger in 1888 Geloftedagvieringe in Bloemfontein bywoon, het die idée van ‘n monument ter ere van die Voortrekkers reeds ontstaan, maar die Sentrale Voortrekkermonumentekomitee is èèrs 43 jaar daarna gestig. Ses jaar daarna, op 13 Julie 1937, is die eerste sooispitplegtigheid op Monumentkoppie gehou. Die Voortrekkermonument word amptelik op 16 Desember 1949 ingewy. Dit is ‘n kort geskiedenis – kliek op die skakel hierbo vir die omvattende weergawe. Ja, die girl op die foto langs my is inderdaad Nella. Ek plaas daardie kiekie om die vrou van my (wildste, stoutste) drome aan jou voor te stel. Nella, dankie dat jy geduldig gewag het terwyl ek teen slaktempo die Voortrekkermonument se trappe uitgeklim het. Ons ou ballies het heelwat kwale.

Ek het Vrydag Nic Cage se nuwe fliek, The Sorcerer’s Apprentice, gekyk – dit word tans landwyd vertoon. Wow. Cage is cool as Balthazar Blake, die laid-back towenaar. Dít en The A-Team is twee van my gunsteling flieks tans op die Suid-Afrikaanse kringloop. Gisteraand Duplicity op M-Net gekyk. Julia Roberts bly een van my gunsteling aktrises. Ek volg haar loopbaan die afgelope 20 jaar (sedert Pretty Woman) omdat sy só gorgeous is.
Ek was nóg nooit so vet as wat ek nóú is nie en het besluit om (1) op ‘n dieët te gaan, en (2) dadelik te begin gym. Ek is veronderstel om 70kg te weeg. Die skaal bevestig egter ek weeg 92kg. Vriende, my gesondheid ly daaronder en, tensy ek onmiddelik ingryp en daadwerklik begin om gewig te verloor, is die kans dat ek aan ‘n hartaanval kan beswyk baie, baie goed. Ek is verslaaf aan Coca-Cola en drink maklik 8 liter oor ‘n naweek. Waarom is Coke sleg vir jou?
Gedurende die eerste 10 minute tref 10 teëlepels suiker jou liggaam terwyl die fosforiese suur keer dat jy kots. Ná 20 minute spike jou bloedsuiker wat tot ‘n insulienontploffing ly. Jou lewer verander noodgedwonge alle suiker in vet. En só kan ek aangaan. Daar is 4 liter Cokes in my yskas maar ná hierdie brokkie (scary) leesstof wonder ek of dit gedrink moet word. Ja-nee, vrugtesap is van nóú af my voorland. Eisj. Is Coke Zero beter?
Hier is voorbeelde van gedigte deur not so famous poets in Singapoer, soos gesien teen die mure van tientalle kakhuise daaikant van die wêreld.
Steve Hofmeyr het gister sy 46ste verjaardag gevier. Veels geluk.
Bakgat 2 begin 10 September 2010 by fliekteaters landwyd te draai. Ek het verlede jaar tydens Houtkruis se run by die Pta Staatsteater met Ivan Botha (Wimpie) daaroor gesels. Fokken genius, pappa. Kyk die trailer:
… En hier is die Bakgat 2 plakkaat. Skêr!

Voor ek vergeet, geluk Bokke. En Victor. 44-31 oor Australië. Op Loftus! Julle het die hele nasie op húl voete gehad met daardie oorwinning. Bees Roux se aanval op ‘n swart Metropolisielid gaan nóg lank voorbladnuus wees, maar ek twyfel of die motief ras-verwant is. Dit is moontlik te vroeg om te spekuleer. Ek dink vandag aan sy familie asook aan Johannes Mogale s’n.
Hehe. James O’Connor (Aussie-rugbyspeler) sê Pretoria is vervelig, dus het die Wallabies verlede week in Kaapstad vir húl kragmeting teen die Bokke in die Jakarandastad voorberei. Whatever, mate. Toe wen ons, anyway.
Boere, ek boikot die T Show omdat dit die T Show in plaas van die Pretoria Skou genoem word. Daar bestaan GEEN PLEK genaamd Tshwane nie. Indien die bestuur van die T Show húl rug op Pretoria draai, vee ek my Afrikanergat aan húlle af. Pretoria bly Pretoria. Gepraat van, AfriForum vier Pretoria se 155ste verjaardag later vanjaar (13 November) by die Voortrekkermonument. Toegang is gratis. Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Bok van Blerk, Lianie May, Bobby van Jaarsveld, Sean Else, Gerrie Pretorius, DJ Ossewa, Fredi Nest en 15 ander bekendes gaan die verhoog skud. Tshwane se moer.
Twee bloggers kan 60’s Summer of Love by Barnyard Menlyn gaan kyk op 3 September 2010. Indien jy wil gaan en jy in Pretoria en/of Gauteng woon, laat weet my onder in die aanmerkings waar die show plaasvind en dalk wen jy twee kaartjies. Kyk ‘n gatskop show by Barnyard Menlyn. Op my.
Ek groet jou met Pieter Koen se jongste musiekvideo. Love hierdie song.
Soet wees.
Frank Botha
AANMERKINGS