Vreesloos. Trots. Afrikaans.
Tracy Lee ontken poep op Idols. heat. Panjo in Vosloorus gevind. Blerrie taxi.

Tracy Lee ontken poep
Idols se, um, “gasvrye” deelnemer, Tracy Lee, ontken dat sy op nasionale televisie gepoep het, maar ek het geluister hóé sy een windjie na die ander laat. Lee het selfs vir háár rampsoedige poep-sessie op Idols jammer gesê, maar nóú ontken sy dit. Eisj. “Ruiter van die windjie” sê ene Liesbet op Nuus24. “Party gebruik ‘n kitaar om tyd te hou” sê Lee. “Ek het nie geweet jy mag met ‘n backtrack sing op die oudisies nie” sê Spikkels. “Ag shame, sy moet eerder vir Poep Idols gaan, want sy poep veel beter as wat sy sing” sê Riaad. “Wat maak dit nou saak? Vir die wat jul verlekker in haar verleentheid, die wiel draai. Hoop dit gebeur nooit met jul” sê Liesel. Nou-ja, ek weet wat ek gehoor het daardie Sondagaand. Besluit jy wat jy wil glo. Hier’s die video:
Ek verneem Panjo is duskant Vosloorus gevind en word tans by die DBV gehou. Die tier het tussen Groblersdal en Delmas die pad gevat en is uiteindelik aan die Oos-Rand gevind.
Rottweiler versus Jack Russell. Watter brak dink jy pas by my persoonlikheid?

Die jongste heat is nóú te koop. Mamma lees dit. Op die voorblad links lees ek Beach Boo-Boos! en blaai daarheen om Beyoncé se bikini-mallfunction te sien, maar heat het het ‘n sterretjie op haar nipple geplaas. Omdat ek ‘n moerse Beyoncé-fên is, Google ek toe gou die kiekie wat heat strategies verbloem het. Uit pure nuuskierigheid, jy weet. Ek publiseer dit vandag op frankbotha.com – wat dink jy na dese van Beyoncé?
Ek kan nie wag om The A-Team te sien nie (begin 20 Augustus 2010 in Suid-Afrika).
Watter koerante/tydskrifte lees/koop jy daagliks/weekliks/maandeliks? Sê my.

Taxi skryf my amper af
Lekker dag. Ek’s môremiddag 12:00 terug.
Frank Botha
| Print article | This entry was posted by Frank Botha on 28/07/2010 at 12:00, and is filed under DAGBOEK. Follow any responses to this post through RSS 2.0. Both comments and pings are currently closed. |
Comments are closed.
about 1 month ago
Tracy Lee was bloot “gasvry” gewees, dis al. Ek dink jy moet ‘n worshondjie aanskaf Frank, dit pas baie beter. Taxis is mos maar eenmaal daar om Frank Botha te frustreer, dit weet jy mos. Taxi bestuurders koop hulle lisensies seker iewers. Dalk moet ek uitvind waar, dan kan ek ook ‘n lisensie koop. Dalk het hulle ‘n graad in onderwys of matrieksertifikaat ook beskikbaar?
about 1 month ago
DIE TIER WAT ORAL GE-SPOT IS, NOU WONDER EK OF DIT ‘N LUIPERD IS?
about 1 month ago
Ek het gedink dat Frank die vistenk vol pirannas sou verkies?! Vergeet van die hond.
about 1 month ago
Frankie kry ‘n Jack Russel want hulle is meer bek as binne goed en sal mooi by jou pas.(hehehe is net ‘n grappie hoor) Ek hou nie van groot honde nie is baie bang vir hulle. Het vanoggend weer op die radio gehoor van ‘n eienaar wat deur sy hond dood gebyt is. Dink dit was amerikaanse vegters hond of so iets. Ja Ja Sharpie ek weet jy gaan nou sê as die hond reg opgely word sal dit nie gebeur nie.
Ek wil nie eers oor die taxi praat nie dan word en sommer kwaad, die hele spil van hulle koop hulle lisensies.
about 1 month ago
Daar ‘n plek in Maraba Stad wat hul op Fokus gewys het.
Waar jy einge graad, lisensie en vuurwapens kan koop, vanaf R40.00 tot R500.00
Hul doen besigheid asof dit ‘n tuck shop is. Oop en bloot. Daar het ‘n teoloog sy “kerk lisensie” gekoop. En ‘n Prokureur sy Praktiseer Sertifikaat.
Dit laat mens se nek hare rys.
about 1 month ago
Miskien is so ‘n Paris Hilton brakkie meer jou ding. Jy beweeg mos tussen die celebs rond
about 1 month ago
Nee man – die “tier” wat gevind is, is ‘n rooikat!
http://www.nuus24.com/Suid-Afrika/Nuus/Soektog-na-Panjo-hervat-20100728
about 1 month ago
‘n GSD is die beste all-rounder wat daar is.
Dit gaan nie so-seer oor die oplei nie Suz – meer oor die reg grootmaak.
about 1 month ago
IS DAAI TIER SOWAAR NOG NIE GEVIND NIE, OF HOE LOOP DIE STORIE NOU?
about 1 month ago
Ken die mense nie die verskil tussen ‘n tier en ‘n rooikat nie?? Ek sou dink dat dit tog duidelik is? Gits…..
about 1 month ago
Ag shame, ek voel jammer vir Tracy Lee – dit moes darem ‘n groot verleentheid gewees het vir haar.
Sprinter – haal biekie daai capslock van jou af – dis slegte nettiket om te skree …
about 1 month ago
Die tier i nou gevind
about 1 month ago
Innige omverskoning aan almal, ek vergeet dikwels dat my caps lock aan is. Sal probeer om daarop te let.
about 1 month ago
Ek is net baie bly dat die tiertjie gevind is. Siestog, die arme ding… Panjo het tot die voorblad van die koerant gehaal.
about 1 month ago
Frank
Kan ek iets vra? Hoekom comment jy nie saam nie?