Vreesloos. Trots. Afrikaans.
Rottweiler



Prof. Piet Strauss (NG Kerk-moderator) se standpunt rakende evolusie maak Dr. Jurie van den Heever (paleontoloog by die Universiteit van Stellenbosch) vreeslik moerig. Onthou, die woord “evolusie” verskyn nêrens in Die Bybel, dus is dit logies dat Strauss op wetenskaplike tone sóú trap. Ek verwerp die Big Bang-teorie àl jare omdat geen sterfeling IETS uit NIKS kan maak nie – God het die heelal en alles daarin geskape. Punt. Evolusie het tot stand gekom as gevolg van ‘n ateïs (Darwin) en danksy sy teorie probeer evolusionêre wetenskaplikses nóg steeds om ‘n alternatief vir die Skepping te vind. Hier is my mening oor Die Bybel/evolusie-debat:
- “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie” (Psalm 14:1/53:1). Soos ons kan aflei is hierdie nie ‘n kraakvars debat nie. Ek glo in God, nie aan ooms en tannies met brille en wit jasse nie. Die Bybel beskou iemand wat nie in God glo nie as ‘n “dwaas” – is jy een?
- “Omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheelik of gedank het nie, maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister” (Romeine 1:20). Opgesom: as jy God verwerp gaan jy jou gat sonder ‘n spieël sien.
- Lees mooi: “Die vrees van die Here is die beginsel van kennis, sotte verag wysheid en tug” (Spreuke 1:7). Sonder God is daar daar GEEN kennis. Waar kom jóú hulp vandaan?
Kate Moss glo dit spook by haar huis in Londen en het ‘n exorcist aangestel om van die “evil energy” ontslae te raak. Eish. Waarom publiseer ek hierdie onsamehangende tjol? Waarom lek ‘n hond sy knaters? As saamsteller van hierdie blog is dit my prerogatief om lukraak onderwerpe te publiseer.
In die gees van onsamehangende onderwerpe, hier is Nella se jongste bydrae tot frankbotha.com.
Volgens navorsing praat vroue 3 keer meer as mans. ‘n Vrou gebruik ongeveer 20 000 woorde per dag – 13 000 meer as ‘n man. Vroue praat ook vinniger as mans en spandeer meer energie op skinderstories omdat vroue glo genot daaruit put om hulle eie stem te hoor. Ek weet nie of hierdie “feite” my maak lag of maak huil nie. Navorsers beweer dat ‘n vrou se brein meer selle bevat wat spraakfunksies behartig as wat ‘n man s’n. Eenvoudige spraak veroorsaak ‘n reaksie van hormone in ‘n vrou se brein wat gelykstaande is aan ‘n reuse dosis dwelms. Hierdie storie verduidelik seker waarom ons vroue so lekker kan gesels. Wie van julle onthou Mev. Ples? Die skedel was ontdek deur Dr. Robert Broom en John T. Robinson op 18 April 1947. Aanvanklik was geglo dat Mev. Ples ‘n vrou was, maar vandag word dit in twyfel getrek. Daar was geglo dat die skedel aan ‘n vrou behoort het bloot weens ‘n “stewige” kakebeen. Vroue is geseën met spraakvermoë. Nou wonder ek in my stilligheid of mans ook op ‘n stadium “stewige” kakebene sal aangroei? Dankie vir jou bydrae, Nella. Het sy ‘n punt beet?
Ek soek ‘n Rottweiler genaamd Mietsie. Òf, laat ek dit só stel, ek wil ‘n Rottweiler koop wat “Mietsie” gaan heet. Die geslag is irrelevant omdat Mietsie selfs ‘n fors naam vir ‘n reen is. Wat dink jy? Hoeveel kos Rottweiler-wolle rofweg en waar kan ek een koop? Laat weet. Ander moontlike toekomstige troeteldiere in die Botha-huishouding sluit in ‘n kat genaam “Kietsie”, ‘n skool Piranhas genaamd “Julius” en/of voëls (verkieslik budgies) genaamd “Silwer Valke”. Maar cute Mietsie is heelbo aan my lys. Kyk net hoe oulik gaan sy lyk (regs).
Dankie vir die saamlees. Ons chat weer môremiddag 12:00.
Frank Botha
| Print article | This entry was posted by Frank Botha on 27/07/2010 at 12:00, and is filed under DAGBOEK. Follow any responses to this post through RSS 2.0. Both comments and pings are currently closed. |
Comments are closed.
about 1 month ago
Onthou net vir elke keer wat die hond eet bollie hy sewe keer.
about 1 month ago
Mense is lief om die Bybel te verdraai soos dit hul pas.
Om hul meening te lug en staaf sal hul die Bybel gebruik of musbruik.
Jy kan die Bybel op enige manier verdraai soos dit jou pas, en dit beklemtoon met die Bybel se so.
Nella, wil jy dalk iets vir ons se?
Dat ‘n mansmens jou ore van jou kop af praat met die grootste klomp snert oor en oor.
Frank, ek ken jou nie juis as ‘n diereliefhebber nie.
about 1 month ago
Ag nee hemel man Frank! Kry eerder ‘n GSD! Dan het jy at least bytkrag en breins – iets wat die boef gaan volg, uitruik en byt.
Reuns is ok, maar ‘n teef soos Fifi is beter.
PS:
oor Evolusie;
Ek glo dat ons nie kan sê HOE God die wêreld gemaak het nie. As dit deur die Big Bang was – ook ok, as dit deur Evolusie was – ook ok.
Ja, dis alles in 6 dae gemaak – maar deur te sê God het dit NIE sis en so gemaak nie – limit ons Hom – en daardeur vat osn van die Almagtigheid weg.
Daar was mos daai storie oor die Berg wat van Diamnt gemaak is. Eenkeer elke duisend jaar kom daar ‘n voëltjie en slyp sy beekkie teen die berg. Die oomblik as die berg weggeslyp is, is 1 dag in die “lewe” van die Here God verby. Dus, God kan die aarde en alles daarop dmv Evolusie in 7 (van “Sy” dae) skep – onthou. ons (ek) glo in ‘n Almagtige God – wat alles kan doen.
about 1 month ago
Nee Babydragon, jy lees my bydrae dan verkeerd. Ek praat van vrouens se vermoë om baie te praat, en nie van ‘n man sin nie. Buitendien, ‘n man wat goed kan kommunikeer is ENIGE vrou se droom.
Evolusie stel voor dat ons liggame en menswees die heeltyd verander om by ons omgewing aantepas. Die ander ding wat die evolusie teorie voorstel is dat my voorouers ape was. Dalk was my mede-afrikaners se oupa ‘n bobbejaan, maar ek belowe jou dat myne beslis nie is nie. God het ons as mens tog na Sy beeld geskape en nie na die beeld van ‘n oerangoetang nie.
about 1 month ago
Baie oulike inskrywing Frank. Vertel my net een ding: Hoekom lek ‘n hond sy knaters?
about 1 month ago
Want hy kan.
Dis die vrou se eer om te praat. Wanneer ‘n man wil praat word hy gou stil gemaak.
about 1 month ago
Nella, God kan alles doen. Self jou uit ‘n aap skep.
about 1 month ago
Ek twyfel nie vir een oomblik dat God alles kan doen nie Sharpie. Nietemin, ons sal eendag verstaan hoe dinge en die heelal werk ens. Die Bybel sê mos dit is ‘n raaisel, soos om in ‘n spieël te kyk, maar eendag sal ons verstaan.
Babydragon, ek ken nie ‘n man wat stilgemaak word wanneer hy praat nie. ‘n Man is immers ‘n man en kan sy “man”staan.
about 1 month ago
Babydragon, is jy nou Frank se spraakbuis? Ek het vir hom gevra hoekom ‘n hond sy knaters lek. Dit was bedoel om ‘n reaksie uit Frank te kry. Nella, ek dink jy moet bietjie meer uitbrei oor die verskille tussen mans en vrouens. Dit kan net interessant raak.
about 1 month ago
Ek het so antwoord verwag Moreen. Dis hoekom ek dit gese het.
Ek dink jul moet almal Maropeng die wieg van die mensdom toe gaan. Dan sal almal evolusie beter verstaan.
En almal is geregtig om hul opinie ten opsigte van evolusie.
Ek sal maar eerder stil bly Nella.
about 1 month ago
Stilbly waaroor Babydragon? Ek wil regtig nie met jou stry oor enige iets nie.
about 1 month ago
Ek wil ook nie stry nie Nella. Dis hoekom ek stil bly.
Jy is geregtig om jou opinie te lewer.
Jy ken jou weergawe.
about 1 month ago
En dit is waarom ‘n hond sy knaters lek, omdat hy kan. En dit is hoekom ek my opinie sal lewer, want ek kan.
Dit is reg Moreen, ek reken dit is ‘n goeie plan om so ietsie te doen.
about 1 month ago
Nella, ek het daaroor gaan oplees. Dit is wonderlik wat jy alles kan raak google.
about 1 month ago
Ek is bly jy kan Nella, ek is bly.
about 1 month ago
ONS MOET ALTYD EERS LEES WAT IN DIE BYBEL GESKRYWE STAAN VOORDAT ONS ENIGE AFLEIDINGS MAAK. DANKIE FRANKM, DAT JY AANGEHAAL HET UIT DIE WOORD.
about 1 month ago
Ek is nogsteeds nie Happy dat Frank ‘n Rottie bo ‘n GSD verkies nie.
about 1 month ago
Ek dink ons is nie van hier nie, is van ander planeet en ons voorouers is om een of ander rede hier afgelaai.
about 1 month ago
As ek so na sommige mense rondom my kyk, moet ek met jou saamstem, Choppies!
about 1 month ago
Ek reken ou Gielie het die beste verduideliking wat ek nog die hele dag gehoor het.
about 1 month ago
Frankie kry eeder vir jou ‘n jack russel ne Sharpie.
about 1 month ago
Jammer ek kan nie regtig saampraat nie
Ek het nog nooit ‘n hond se knaters gelek nie! Maar moenie dat ek julle steur nie.
about 1 month ago
Jack Russell’s is oulike hondjies Suz, dalk nie kwaai of groot genoeg vir Frank nie. Hy soek ‘n hond vir wat sy skoonma sal bang wees. Ek dink dat die budgies is ‘n goeie plan. Jy kan ‘n bordjie op die hok sit “Silwer valke”. Oulik, baie oulik.