Lug jou mening sonder om te registreer. Heelwat lesers verkies díé roete om verskeie redes. Goed dan. Solank die simbiose tussen jou en my groei is díé Afrikaanse Internet Celeb tevrede.

Wat gaan aan met Springbokrugby? Jake White kan, nee, moét die Bokke ná die Wêreldbeker lei want ek twyfel of Saru Peter de Villiers se kontrak daarna sal hernu. Òns vertoning tydens vanjaar se Drienasies-toer is tos. Ek is bekommerd. John Smit en Snorre moét saamstaan om ‘n moontlike skeuring in die Springbokspan te beteuel.

Gepraat van, het jy vanoggend Pretoria News se voorblad gesien? Ek plaas dít hieronder en wag vir jou repliek daarop gedurende die dag. Eisj.

Gisteroggend ‘n kerkdiens bygewoon waar die Liggaam van Christus bespreek is. Lekker. Uiteindelik verstaan ek hierdie konsep. God verkies 99% eenheid en 1% diversiteit in Hom. Ek draai my rug op boring Afrikaanse kerke wat Psalms en Gesange sing omdat ek voor God wil gil en spring. Ek verpes fossielteologie. Druk daai orrel in jou outydse hol, dominee. Laasgenoemde verdien om te kwalifiseer maar Mara was otherwise (ek persoonlik dink DIT is onprofessioneel).

Gisteraand Idols geniet. Dit is belangrik om te noem dat ek èèrs sedert die vorige seisoen ‘n fên geword het. American Idol het my finaal convert. Zintie se mal oë tydens Crazy for You het haar Golden Ticket verseker. Steve Hofmeyr was in Durban as gas-beoordelaar. Daai blonde pruik het hóm soos ‘n Def Leppard-lid laat lyk. Maar selfs daai stukkie comedy relief kan Mara se kakkerige judging tydens Jessica/Georgie se onderskeie vertonings red nie. Vergeet dat sy in 1994 tydens Madiba se inhuldiging gesing het. Vergeet dat sy in 1973 sover as Hong Kong en Londen getoer het. Wat sy gisteraand aan Georgie Mabbett op Idols gedoen het is KAK STYL. Ek kan aan ten minste tien bekwame musikante dink om Mara as judge te vervang. Daar is BOGGEROL regverdig aan wat sy aan Georgie gedoen het.

Now 55 is ‘n lekker album. My gunsteling songs daarop is:

  • Lady Antebellum – Need You Now
  • Owl City – Vanilla Twilight
  • Adam Lambert – Whataya Want From Me
  • 30 Seconds To Mars – This Is War
  • Alicia Keys – Try Sleeping With A Broken Heart
  • David Guetta/Kid Cudi – Memories

Maar ek sal dit nie koop nie. ‘n DVD wat ek wél graag wil hê is die nuwe Trots Afrikaans.

Pla naamsveranderinge jou? Ek het, as wit Suid-Afrikaner, per beginsel ‘n probleem daarmee omdat die ANC se designing history-beleid my grief. Witbank heet nóú eMalahleni. WTF? Waarom duld òns nog hierdie blatante marginalisering en ontkenning van ons kultuurerfenis? Hoe sou dit lyk as AL die tradisioneel swart plekname skielik Afrikaanse name kry?

Ek sien uit na jou kommentaar. Viva interaksie, viva! Teen die tyd wat hierdie inskrywing op jou rekenaarskerm verskyn is tjailatyd vier, vyf ure weg. My kop is tjok en blok vol allerhande nuwe idées.

Méér daaroor later.

Het jy al ooit vir ‘n persoon gesê hy/sy stink? Is dit swak maniere om dit aan iemand uit te wys? Wat doen jy as iemand hardop snuif en soos ‘n perd grinnik terwyl hy/sy snuif? Iemand wat obviousely LAAAAAANK laas gebad het het vandag langs my kom staan. Fok, sy asem het gestink. Higiëne is duidelik nie hoog op sy prioriteitslys nie.

Is dit higiënies om ‘n publieke toilet te gebruik? Vir nommer 2?

Het jy al kliphard in ‘n hysbak vol mense gepoep en die ou langs jou blameer? Die etter langs my se asem ruik soos ‘n rioolplaas. Urgh.

Chat weer môremiddag 12:00.
Frank Botha