Konserwatiewe Suid-Afrikaners se moer, Blanche Rheeder, ek dink jou swangerskap-kiekie (regs) is beautiful. Rapport se keuse om dit te publiseer is bevrydend. Indien tiete jou nóg skok, too bad. “Ek het ál die kommentaar gelees” sê sy. “Party van die goed kon ek nie glo nie. Vriende van my pa het weer gebel en gevra of hy weet sy dogter verskyn kaalgat in die koerant.” En? Dis JOU lyf, Blanche. “Ons leef nie meer in die 1940’s/1950’s waar jy skaam was om jou lyf te wys nie. Ek is trots op die foto.” Amen, sister, amen.. Kruip terug in jou grot indien Rheeder se bralose boobies jou offend. Haar vriende, familie en ek laaik die foto. Daar is NIKS so pateties soos skynheilige bliksems wat mense veroordeel nie. Dit is háár lyf en sý kan daarmee maak net wat sý wil. Capish? As jy dit nie like nie, bou vir jou ‘n time machine en keer terug na die middeleeue. Otherwise, get with the programme. Geluk, Blanche, ek is trots op jou. FB