Vreesloos. Trots. Afrikaans.
Archive for July, 2010
31 Julie 2010
Jul 31st
Bêre jou bergfiets (die een met die fucked-up Shimano-ratte) want die petrolprys daal volgende week mét 10 c per liter.
Die ANCYL wil nuwe lede werf met Mini Coopers, bike rallys en kerkdienste. Een uit drie vir oorspronklikheid, comrades.
Die ANC is tevrede met die Reitz-4-vonnis. Rassediskriminasie sal nie in Suid-Afrika geduld word nie. Fokus ANCYL.
Oppikoppi-plakkate wat Zuma met skewe tande uitbeeld dra nie die Tshwane-munisipaliteit se goedkeuring weg nie.
Frank Botha
Wisselvallige ADSL-konneksie
Jul 30th
Ek blog vanaf my selfoon weens ‘n wisselvallige ADSL-konneksie. Dankie Telkom. Wat veronderstel was om visueel orgasmies te wees is nou maar ‘n spul woorde. Jammer. Mag ek seks en teologie in een inskrywing bespreek? Diskwalifiseer voorhuwelikse seks my Christenskap? Hoe beïnvloed buite-egtelike kinders my godsbeskouing? Gay dominées pla my nie. Sal jy jou rug op ‘n kerk draai indien die dominée ‘n moffie is? Wat is jou opinie oor interracial verhoudings? Wat as jou skoonsuster swart is? Sou jy jou broer nooi vir ‘n braai? Beantwoord my vrae, as jy wil. Geniet jou naweek. Ek’s Maandag 12:00 terug.
Panjo en Goosey Fernandes herenig. Johan Swarts. Pta-middestad. Sê my.
Jul 29th
UPDATE: Vandag se inskrywing volg om 13:00 in plaas van 12:00.
Behalwe dat my internetkonneksie die afgelope dag of twee wisselvallig is, is daar eenvoudig te veel ander dinge op my kefstok wat aandag verg. Vergewe my asseblief dus vir vandag se kort inskrywing. Dit wat my besig hou is alles persoonlik.
Ek sien Panjo is uiteindelik tuis. Maar het sy eienaar ‘n permit? Laasgenoemde sê hy het maar die Mpumalanga-parkeraad stry. Wat gaan van arme Panjo word?
Ek ry deur die Pretoria-middestad en kyk hoeveel Afrikaanse name ek kan raaksien. Omtrent al die geboue het òf ‘n inheemse naam Afrikaanse name is bitter skaars. Ek sien dat die Helde Akker se heining darem herstel is want twee, drie weke gelede het dit maar kak gelyk daar. Daarvoor is ek dankbaar. Wie van julle werk in die Pretoria-middestad?
Johan Swarts se artikel, Gevoelens moet nie maatstaf wees, het betrekking. Hier’s hy:
Mense verduidelik dikwels hul ongeloof in die bestaan van ‘n teïstiese god met die woorde: “ek kan nie in ‘n God glo wat mense verdoem om vir alle ewigheid in ‘n hellevuur te brand nie. Hoe kan ‘n liefdevolle wese so iets toelaat?”
‘n Mens kan daaroor sê wat jy wil, maar dis ‘n argument met ‘n morele ondertoon waarteen daar kwalik gestry kan word. Min mense hou van kwaaddoeners, wat beteken dat die argument in die meeste situasies die morele hoë grond het. As ‘n vermeende kwaaddoener boonop nie ‘n mens nie, maar ‘n God is wat veronderstel is om per definisie goedaardig en besorgd te wees, kom die argument soveel te meer sinvol voor.
Tog beteken dit nie veel nie.
Die probleem met hierdie manier van redeneer is dat dit heimlik niks meer as die eggo van persoonlike voorkeure is nie. Dit berus op sentiment, maak staat op die speker en sy of haar aangesprokenes se gevoelens oor ‘n bepaalde saak om die retoriese wa deur die drif te trek. “Patos”, noem redenaars sedert Cicero hierdie tegniek: oorreding deur middel van gevoelswaarde.
Gevoelens is nie goed genoeg om die bestaan (al dan nie) van enigiets te bewys nie. Die waarheid was nog nooit ‘n demokratiese proses nie. Feite word nie weggewens of ingestem nie – hulle ís net. Die lug ís bedags net blou. Die seë ís net sout (behalwe, natuurlik, as BP in die prentjie kom). Metale sit uit wanneer hulle verhit word. Organismes sterf. Lig is vinniger as klank. Elektrisiteit skok. Om nie van hierdie feite te hou nie, verander niks aan die feit dat hulle feite bly nie.
Prof Piet Strauss en derduisende Suid-Afrikaners kan byvoorbeeld so hard glo as wat hulle wil dat evolusie die grootste leuen onder die son is – dit verander niks aan die feit dat ‘n biodiversiteit van spesies oor miljoene jare deur middel van natuurlike seleksie ontwikkel het nie. (Dit verander ook niks aan die feit dat Strauss die afgelope week ‘n verleentheid vir die NG-Kerk was nie, maar dis ‘n storie vir ‘n ander dag.) Om te weier om iets te glo, maak dit nie minder waar nie.
Insgelyks, om nie te hou van die ideë van God wat ‘n hel geskep het waar gestorwenes tot in alle ewigheid gepynig word vir hul aardse sondes nie, het niks te make met die bestaan van God of die hel nie. Dis natuurlik nie ‘n baie vriendelike gebaar van God se kant af nie, maar dis kwalik rede genoeg om nie in God te glo nie. Dis oorgenoeg rede om nie van God te hou nie, ja – om te dink dat Hy onregverdig en kleinlik en irrasioneel is. Om egter aan te voer dat jy op grond hiervan nie in God se bestaan kan glo nie, is onsinnig.
Treffendheid is nie die waarmerk van die waarheid nie.
Om ongelowig te bly weens ‘n afkeer aan die hel (of aardse pyn en lyding wat God volgens jou kon keer) is emosioneel gelaai en treffend, maar in wese niks meer as emosionele masturbasie nie.
Ek het my sê oor bogenoemde reeds hier gesê. God wen. Punt. Moving on, swiftly.
Aanmerkings:
- Nella, die worshond is hoogsmoontlik ‘n goeie alternatief vir ‘n Rottweiler, maar dikgat worsbrakke grief my – Mietsie sal op ‘n streng dieët moét wees.
- Sprinter, Panjo (‘n tier) is gisteraand met sy eienaar herenig.
- Moreen, dink jy ‘n skool piranhas genaamd Julius kan die vrees van die hel by gewapende rowers injaag? Ten minste kan die worshond blaf en hul hakskene byt.
- Suz, ek love Jack Russells. Hulle is vreesloos.
- BabyDragon 1010, jou aanmerking is scary. Donners scary.
- Gatvol, solank Mietsie in my gymsak kan pas is die Kaap Hollands.
- Sharpshoot, ja ek is gek na GSD’s maar daarvoor het ek ‘n groot erf nodig. My erf is effe klein en beperkte spasie sal onregverdig teenoor my woef wees.
- Dellie, jy’s reg, dit is swak netiquette om in CAPS LOCK op die Internet te chat.
- Sprinter, geen probleem. Só leer mens.
- Suz, ek spandeer deesdae minder tyd voor my rekenaar as voorheen en kan dus nie onmiddelik op aanmerkings reageer nie. Maar ek lees alles.
Ek is môremiddag 12:00 terug met my kraakvars Vrydag-inskrywing. Moet dit nie misloop nie.
Lekker dag.
Frank Botha
Tracy Lee ontken poep op Idols. heat. Panjo in Vosloorus gevind. Blerrie taxi.
Jul 28th

Tracy Lee ontken poep
Idols se, um, “gasvrye” deelnemer, Tracy Lee, ontken dat sy op nasionale televisie gepoep het, maar ek het geluister hóé sy een windjie na die ander laat. Lee het selfs vir háár rampsoedige poep-sessie op Idols jammer gesê, maar nóú ontken sy dit. Eisj. “Ruiter van die windjie” sê ene Liesbet op Nuus24. “Party gebruik ‘n kitaar om tyd te hou” sê Lee. “Ek het nie geweet jy mag met ‘n backtrack sing op die oudisies nie” sê Spikkels. “Ag shame, sy moet eerder vir Poep Idols gaan, want sy poep veel beter as wat sy sing” sê Riaad. “Wat maak dit nou saak? Vir die wat jul verlekker in haar verleentheid, die wiel draai. Hoop dit gebeur nooit met jul” sê Liesel. Nou-ja, ek weet wat ek gehoor het daardie Sondagaand. Besluit jy wat jy wil glo. Hier’s die video:
Ek verneem Panjo is duskant Vosloorus gevind en word tans by die DBV gehou. Die tier het tussen Groblersdal en Delmas die pad gevat en is uiteindelik aan die Oos-Rand gevind.
Rottweiler versus Jack Russell. Watter brak dink jy pas by my persoonlikheid?

Die jongste heat is nóú te koop. Mamma lees dit. Op die voorblad links lees ek Beach Boo-Boos! en blaai daarheen om Beyoncé se bikini-mallfunction te sien, maar heat het het ‘n sterretjie op haar nipple geplaas. Omdat ek ‘n moerse Beyoncé-fên is, Google ek toe gou die kiekie wat heat strategies verbloem het. Uit pure nuuskierigheid, jy weet. Ek publiseer dit vandag op frankbotha.com – wat dink jy na dese van Beyoncé?
Ek kan nie wag om The A-Team te sien nie (begin 20 Augustus 2010 in Suid-Afrika).
Watter koerante/tydskrifte lees/koop jy daagliks/weekliks/maandeliks? Sê my.

Taxi skryf my amper af
Lekker dag. Ek’s môremiddag 12:00 terug.
Frank Botha
Rottweiler
Jul 27th



Prof. Piet Strauss (NG Kerk-moderator) se standpunt rakende evolusie maak Dr. Jurie van den Heever (paleontoloog by die Universiteit van Stellenbosch) vreeslik moerig. Onthou, die woord “evolusie” verskyn nêrens in Die Bybel, dus is dit logies dat Strauss op wetenskaplike tone sóú trap. Ek verwerp die Big Bang-teorie àl jare omdat geen sterfeling IETS uit NIKS kan maak nie – God het die heelal en alles daarin geskape. Punt. Evolusie het tot stand gekom as gevolg van ‘n ateïs (Darwin) en danksy sy teorie probeer evolusionêre wetenskaplikses nóg steeds om ‘n alternatief vir die Skepping te vind. Hier is my mening oor Die Bybel/evolusie-debat:
- “Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie” (Psalm 14:1/53:1). Soos ons kan aflei is hierdie nie ‘n kraakvars debat nie. Ek glo in God, nie aan ooms en tannies met brille en wit jasse nie. Die Bybel beskou iemand wat nie in God glo nie as ‘n “dwaas” – is jy een?
- “Omdat hulle, alhoewel hulle God geken het, Hom nie as God verheelik of gedank het nie, maar hulle het dwaas geword in hul oorlegginge, en hul onverstandige hart is verduister” (Romeine 1:20). Opgesom: as jy God verwerp gaan jy jou gat sonder ‘n spieël sien.
- Lees mooi: “Die vrees van die Here is die beginsel van kennis, sotte verag wysheid en tug” (Spreuke 1:7). Sonder God is daar daar GEEN kennis. Waar kom jóú hulp vandaan?
Kate Moss glo dit spook by haar huis in Londen en het ‘n exorcist aangestel om van die “evil energy” ontslae te raak. Eish. Waarom publiseer ek hierdie onsamehangende tjol? Waarom lek ‘n hond sy knaters? As saamsteller van hierdie blog is dit my prerogatief om lukraak onderwerpe te publiseer.
In die gees van onsamehangende onderwerpe, hier is Nella se jongste bydrae tot frankbotha.com.
Volgens navorsing praat vroue 3 keer meer as mans. ‘n Vrou gebruik ongeveer 20 000 woorde per dag – 13 000 meer as ‘n man. Vroue praat ook vinniger as mans en spandeer meer energie op skinderstories omdat vroue glo genot daaruit put om hulle eie stem te hoor. Ek weet nie of hierdie “feite” my maak lag of maak huil nie. Navorsers beweer dat ‘n vrou se brein meer selle bevat wat spraakfunksies behartig as wat ‘n man s’n. Eenvoudige spraak veroorsaak ‘n reaksie van hormone in ‘n vrou se brein wat gelykstaande is aan ‘n reuse dosis dwelms. Hierdie storie verduidelik seker waarom ons vroue so lekker kan gesels. Wie van julle onthou Mev. Ples? Die skedel was ontdek deur Dr. Robert Broom en John T. Robinson op 18 April 1947. Aanvanklik was geglo dat Mev. Ples ‘n vrou was, maar vandag word dit in twyfel getrek. Daar was geglo dat die skedel aan ‘n vrou behoort het bloot weens ‘n “stewige” kakebeen. Vroue is geseën met spraakvermoë. Nou wonder ek in my stilligheid of mans ook op ‘n stadium “stewige” kakebene sal aangroei? Dankie vir jou bydrae, Nella. Het sy ‘n punt beet?
Ek soek ‘n Rottweiler genaamd Mietsie. Òf, laat ek dit só stel, ek wil ‘n Rottweiler koop wat “Mietsie” gaan heet. Die geslag is irrelevant omdat Mietsie selfs ‘n fors naam vir ‘n reen is. Wat dink jy? Hoeveel kos Rottweiler-wolle rofweg en waar kan ek een koop? Laat weet. Ander moontlike toekomstige troeteldiere in die Botha-huishouding sluit in ‘n kat genaam “Kietsie”, ‘n skool Piranhas genaamd “Julius” en/of voëls (verkieslik budgies) genaamd “Silwer Valke”. Maar cute Mietsie is heelbo aan my lys. Kyk net hoe oulik gaan sy lyk (regs).
Dankie vir die saamlees. Ons chat weer môremiddag 12:00.
Frank Botha
AANMERKINGS