Vreesloos. Trots. Afrikaans.
Archive for June, 2010
ECLIPSE
Jun 30th
The Twilight Saga: Eclipse begin vandag landwyd draai. “The Twilight Saga: Eclipse is just one more walk on the mild sides for tweens who dream of being penetrated by cold flesh that will keep them young and cute forever” lui Peter Travers (Rolling Stone) se resensie. “The teen vampire series finally hits its stride with an entertaining mix of romance and action fantasy” skryf Kirk Honeycutt (Hollywood Reporter). Wat dink jy?
Frank Botha
EK’S TERUG
Jun 30th
If we could sell our experiences for what they cost us, we’d all be millionaires.
-Abigail Van Buren
Ek’s terug. Dankie vir jou ondersteuning want sonder dit sal ek verseker vergaan. Hibernasie is sleg vir produktiwiteit en tyd wag vir niemand, dus blog ek voort totdat ek omkap.
Frank Botha
frank@frankbotha.com en www. frankbotha.com
Jun 28th
Hiermee verklaar ek,Frank Botha,die volgende:
1.Dat my e-mail adres nooit gekaap was nie. Ek het hierdie aantyging gefabriseer om lesers se simpatie te werf.
2.Dat geen e-posse vanaf frank@frankbotha.com gestuur is nie. Ek het hierdie aantyging gefabriseer om lesers se simpatie te te werf.
3.Dat geen enkele dreig e-pos/ vieslike e-pos/’hordes dreigemente’-eposse nog ooit deur my op frank@frankbotha.com ontvang is nie.Ek het hierdie aantyging gefabriseer om lesers se simpatie te kry.
4.Dat die blog , www.frankbotha.com , se databasis nooit gehack was nie.
Ek vra ook onvoorwaardelik omverskoning aan al die partye wat ek negatief sou betrek en beskuldig het met hierdie valse aantygings en ek onderneem om myself nie in die toekoms weer skuldig te maak aan soortgelyke oortredings nie.
Frank Botha
AANMERKINGS