Vreesloos. Trots. Afrikaans.
DAGBOEK
RIP Dwayne
Sep 3rd
Dwayne Venter, oftewel Raapie Knaapie van DJ Ossewa (langs my), sterf 29 Augustus 2010 tydens ‘n motorongeluk op die N4-snelweg duskant Brits. Dié nuus hoor ek Sondagaand. Volgens Pieter Rischmüller is Venter opslag dood. “Toe ek in die pad afkyk, het ek hom daar langs die pad sien lê” verduidelik hy hartseer in Beeld. “Ek het na hom gehardloop, maar hy het nie ‘n pols gehad of asemgehaal nie.” Ek bel Rischmüller daagliks omdat ek hierdie vier plat op die aarde kêrels reeds jare ken. Ek verwerk Venter se dood baie moeilik. Die begrafnis is Maandag. Dwayne, my vriend, dié Boerkind mis jou vreeslik. God het jou van ons weggeneem. Moontlik te vroeg. Dankie vir die pret wat jy ons verskaf het. Ons het saam jou gelag. Na dese huil ons vir jou. Vaarwel, bra.
Ek verneem Bok van Blerk en Carike Keuzenkamp sing saam. Vreeslose kombinasie. Ek kan nie wag om Wie kan dit verstaan? te hoor nie. Carike is steeds ‘n yummy mommy en haar musiek steeds tydloos. En Bok rock.
Vandag spandeer ek twee ure in die gym. Teen die tyd wat jy hierdie lees, sweet ek lankal soos ‘n virgin op haar wittebroodaand. Ek verduur die pyn en lyding omdat my gesondheid daarvan afhang. Volg my op Twitter.
Hawking
Sep 3rd
Stephen Hawking krap aan die leeu se bal.
In sy boek, The Grand Design, ontken hy dat God die heelal geskape het. Ek verwag dat hy so iets sal kwytraak. As Christen verwerp ek Hawking se teorie maar oordeel hom nie daarvoor nie. God sal met hom afreken. Amen.
Gym
Sep 3rd
Yes! Yes! Dis Vrydag. Hooray!
Gisteraand sowat 150 kalorieë verbrand. Ek en Nella het Woensdag begin gym. Ek weeg tans 98kg, 26kg méér as wat ek veronderstel is om te weeg. My hart sal hoogsmoontlik gaan staan as ek nie dadelik dié vetrolle afskud nie. Goddank is dit nóóit te laat om te begin gym nie. Ek volg tans ‘n detox dieët en kry dit reg om verby KFC te ry sonder om cravings daarvoor te ontwikkel. Volg my vordering gerus op Twitter. Meer daaroor later.
Amen
Sep 3rd
Prediker 12:1 “En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie –”
Dit is Vrydag! Ek is baie bly dat die naweek amper op hande is. Wanneer is ‘n goeie tyd om te besluit jy wil jou paadjie reguit loop? Prediker sê “in jou jongdae”. Ek sal glad nie my pad sonder Jesus wou loop nie. Ken Hom vandag in alles wat jy aanpak. Hy is die Begin, en die Einde.
3 September in die geskiedenis:
- 1783 eindig die Amerikaanse Revolusie.
- 1939 verklaar Britanje oorlog teenoor Duitsland.
- 1943 het Italië oorgegee in die 2de Wêreldoorlog.
- 1962 is die sterftedag van E.E. Cummings – die bekende digter.
- 1965 word Charlie Sheen gebore.
Ek is Maandag terug met Amen, daar volg nog inskrywings vandag.




AANMERKINGS