Skip to content

Frank Botha

Vreesloos. Trots. Afrikaans.

CELEB VERJAARDAE: 1 AUGUSTUS

Hardlyfwigheid is 'n bliksem

Yanky-musikant Adam Duritz (links): 46
Amerikaanse rapper Coolio: 47
Suid-Afrikaanse bokser Jacob Matlala: 48
Pommie musikant Joe Elliot: 51

*Indien jy vandag verjaar, mozzletof.

GREPIES GESKIEDENIS: 1 AUGUSTUS

[1831] Nuwe London Bridge open.
[1832] Die Black Hawk-oorlog eindig.
[1902] Amerika koop die Panama Canal.
[1941] Die eerste Jeep word vervaardig.
[1981] MTV begin in Amerika uitsaai.

My volgende inskrywing verskyn môremiddag 12:00.
Frank Botha

Besoek die frankbotha.com Official Fan Page hier. Die stigter verkies om anoniem te bly (ek weet wie dit is) en ek endorseer hierdie bladsy. Jy is welkom om daarby aan te sluit (méér as 60 mense het reeds). Ek sal dan-en-wan inloer om hallo te sê. Ek is NIE op Facebook nie. Punt. Hierdie bladsy is die breinkind van ‘n toegewyde leser. Wiele met ‘n P.

Bêre jou bergfiets (die een met die fucked-up Shimano-ratte) want die petrolprys daal volgende week mét 10 c per liter.

Die ANCYL wil nuwe lede werf met Mini Coopers, bike rallys en kerkdienste. Een uit drie vir oorspronklikheid, comrades.

Die ANC is tevrede met die Reitz-4-vonnis. Rassediskriminasie sal nie in Suid-Afrika geduld word nie. Fokus ANCYL.

Oppikoppi-plakkate wat Zuma met skewe tande uitbeeld dra nie die Tshwane-munisipaliteit se goedkeuring weg nie.

Frank Botha

Frank Botha is ‘n professionele stemkunstenaar en radio omroeper.

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Klik gerus op die Sex-Mode MP3-advertensie hierbo om na sy radiomatige stem te luister.

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Òf luister na sy Maxivate MP3-advertensie, òf klik hieronder op die Ultrablock MP3-advertensie.

Audio clip: Adobe Flash Player (version 9 or above) is required to play this audio clip. Download the latest version here. You also need to have JavaScript enabled in your browser.

Frank doen òòk stemwerk vir video-produksies. Kyk gerus hierna:

Hierdie video bemark Qinisa Construction en bewys watter veelsydige stemkunstenaar Frank is. Kyk gerus òòk na die Afrigem-video indien jy ‘n tweede opinie nodig het.

Ek blog vanaf my selfoon weens ‘n wisselvallige ADSL-konneksie. Dankie Telkom. Wat veronderstel was om visueel orgasmies te wees is nou maar ‘n spul woorde. Jammer. Mag ek seks en teologie in een inskrywing bespreek? Diskwalifiseer voorhuwelikse seks my Christenskap? Hoe beïnvloed buite-egtelike kinders my godsbeskouing? Gay dominées pla my nie. Sal jy jou rug op ‘n kerk draai indien die dominée ‘n moffie is? Wat is jou opinie oor interracial verhoudings? Wat as jou skoonsuster swart is? Sou jy jou broer nooi vir ‘n braai? Beantwoord my vrae, as jy wil. Geniet jou naweek. Ek’s Maandag 12:00 terug.